Neem- ‘n-polisiestasie-aan inspireer plaaslike kerke om ‘n opregte verhouding met die leierskap en span van hul plaaslike polisiekantoor te bou.

Hierdie projek help die plaaslike kerk om morele, emosionele en gebedsondersteuning aan alle polisie personeel te bied, terwyl dit ook praktiese hulp bied om die polisiestasie op te knap en gemeenskaps projekte te ondersteun.

Die vennootskap skep waardevolle en betekenisvolle verhoudings tussen die kerk en die polisie, en uiteindelik het dit gelei tot die vermindering van misdaad in die gemeenskap.

‘n Webwerf vir die projek kom binnekort, om meer uit te vind hoe u u plaaslike polisiestasie kan aanneem kontak ons gerus. Luister ook na die Talking Transformation potgooi hieronder om meer oor die projek van die stigter Tops de Jager te hoor.